Ons veg vir ons Volk se Vryheid
Ons veg vir ons Volk se Vryheid en veilige voortbestaan in die nuwe Suid-Afrika. Al ons doelstellings in die bestaande program van beginsels word steeds nagestreef, maar die Boerestaat Party se doel is om die belange van Boere en Afrikaners te beskerm, te bevorder en te verseker dat hulle ’n toekoms in Suid-Afrika tegemoet gaan wat veiligheid en vryheid waarborg.
Die Boerestaat Party verstaan dat die demografiese oormag ’n enorme uitdaging is, en daarom wil die Party hom toespits op die groei van ons Volk. Huidiglik verminder ons Volk, grootliks omdat ons op verskeie maniere verhinder word om ons kinders te hê en te ondersteun. Hierdie selfvernietigende tendens moet omgekeer word sodat ons ’n groeiende Volk word wat met entoesiasme hul plek in Suid-Afrika kan volstaan en so ons Vryheid kan verwesenlik.
Om ons doelwitte te bereik is daar korttermyn- en langtermyn-doelwitte wat op verskillende stadiums nagestreef sal word.