Boerestaat Party Logo

INLIGTINGSTUK  NO.23

Dit het weereens in die Media ter sprake gekom oor wie en wat ’n Afrikaner is en of ’n Boer aan dieselfde Volk as die Afrikaner behoort.

Die Media is weereens besig om ’n wig tussen ons Volksgenote in te dryf op die ou beginsel van verdeel en regeer.

Die Boerestaat Party se standpunt is dat ons almal aan dieselfde Volk behoort.

In die vroeë dae in die Kaap was daar Franse, Duitsers, Hollanders en Engelse wat daar saamgewoon het.

Hierdie mense het met mekaar getrou en daardeur familie van mekaar geword.

Van hierdie familielede het aan die groot trek deelgeneem en die wat agtergebly het, het na hulle verwys as die Trek Boere.

Maar hulle was nog steeds familie van mekaar.

Na die stigting van Transvaal, Vrystaat en Vryheid as vrye republieke, het hierdie mense as Boere of Boerevolk bekend gestaan.

Die Engelse wat die oorsaak was dat die Boere die Kaap verlaat het, het weereens oorlog verklaar teen die Boere Republieke en na die 3 jarige Boere Oorlog het die Engelse al die dele van Suid-Afrika saamgesnoer in een land naamlik Suid-Afrika.

Hulle het ook aangedring dat alle wit mense wat Afrikaans praat as Afrikaners bekend staan. Ons Boere Generaals het daarmee saamgegaan omdat hul families nog in die Kaap woonagtig was en die Kapenaars as deel van hul Volk beskou het.

Die Afrikaners het eintlik net bestaan tot en met Republiek wording in 1961 waarna daar gepoog was om alle wit mense as Suid-Afrikaners bekend te laat staan.

Op daardie stadium was die wit bevolkingsamestelling byna 30% Engels en het dit die Nasionale Party van Dr. Verwoerd, wat self ’n Hollander was, gepas om na almal te verwys as Suid-Afrikaners.

Daar moet gelet word dat ons nog steeds familie van mekaar was en dat die ondertrouery tussen ons Volksgenote steeds plaasgevind het van 1652 tot en met vandag 2013.

Of ons as Boere, Afrikaners of Suid-Afrikaners bekend staan maak aan ons Volkskap geen verskil nie.

Ons Vyande het dit reggekry om ons Volk drie name te gee in een honderd jaar, maar ons moet nie toelaat dat dit ’n verdelende faktor word nie.

Ons woon in ’n vyandige omgewing en ons moet eerder ons Volksgenote omarm en gemeenskaplike sake soek om samehorigheid te kweek.

 

C. J. B. Vermaak

Leier van die Boerestaat Party

Inligtingstukke

<-- FOOTER -->