INLIGTINGSTUK NO.12
VIGS EN U
Ek het vir baie jare beweer dat ek nog nooit iemand ontmoet het met vigs nie. Tot en met vandag ken ek niemand wat vigs het nie en ek ken ook niemand wat iemand anders ken wat vigs het nie.
Radio 702 het met my eendag gesels en hulle was geweldig vyandig teenoor my standpunt dat ons “nie” kondome moet gebruik nie.
Die tydskrif “Nose week” het nou ’n artikel laat verskyn waarin daar bewys word dat daar geen toename in vigsgevalle wêreldwyd was, sedert 1983 nie. Al wat gebeur het, was dat ander kategorie siektes bygevoeg word om as vigs verwante siekte bekend te staan.
Brongities, bloedkanker, maagwerkings, longontsteking ens. is nou ook vigs siektes. Selfs hongersnood in Afrika is nou ’n vigs siekte.
Daarom kom die wêreld bevolkings organisasie en probeer die bevolking van Afrika bekamp deur kondome gratis te versprei aan hierdie uitgeteerde geraamtes van arm Afrika-lande.
Die probleem is nou dat wit mense in die breë en Boere in die besonder hierdie verdigsels glo en “hulle” is nou die mense wat kondome gebruik en die “werkgewers” van môre verhoed om gebore te word.
Die gevolg is vir almal wat kan dink ’n ope boek.
1. Hongersnood gaan almal tref omdat daar nie meer bevoegde boere op plase
gaan wees om kos te produseer nie.
2. Werkgewers gaan skaarser word en werkloosheid gaan toeneem.
3. Almal gaan begin steel om aan die lewe te bly, dus gaan die kriminele aktiwiteit
honderd voudig toeneem.
4. Belasting gaan verhoog word, omdat die groep wat tradisioneel belasting betaal al
hoe minder gaan word.
5. Suid-Afrika gaan verval in ’n spiraal van armoede omdat rykdom nie meer geskep
kan word deur so ’n al hoe kleiner wordende groepie mense nie. Daarom is dit voor die hand liggend wat die oplossing van die probleem is.
Laat Afrika glo dat kondome gebruik moet word maar weerhou uself daarvan om die vuilgoed te koop.
Bou aan groot gesinne sodat u veilig kan wees in u eie huis en ook in u toekoms.
Baie kinders sal net voorspoed bring vir u en u Volk en verseker dat u Volk tussen ander Volke ’n volwaardige staanplek sal hê.
Baie kinders sal baie werkgewers tot gevolg hê met gevolglike ekonomiese stabiliteit en groei.
Baie kinders sal sorg dat ons Volk vol selfvertroue die toekoms te gemoed sal gaan.
Baie kinders bring selfrespek, selfvertroue en bo alles selfregering.
Selfregering bring voorspoed en vryheid en veiligheid.
C. J. B. Vermaak
Leier van die Boerestaat Party
Inligtingstukke