Boerestaat Party Logo

Nuwejaars Boodskap van die Boere Staatparty
 

Ons almal is deeglik bewus van die totale aanvalle teenoor ons volk

Ons weet dat die Howe ingespan word om van ons taal ontslae te raak
Ons weet dat ons skoolrade ontman word
Ons weet dat ons landbouers daagliks vermoor word
Ons weet dat ons landbougrond gesteel gaan word net soos in Zimbabwe
Ons Hospitale, Munisipaliteite, Water en Elektrisiteitsvoorsiening, Riool en Sanitasie, Paaie, Spoorwee, SAL en selfs die inkomste diens word gedompel in Ghaos
Slaggate word met rooigrond herstel
Alle staalrame en mangatdeksels word gesteel en na China
verskeep
Ons weet en ons sien alles om ons vergaan en die Ekonomie groei
teen -1%
Ons sien dat die swart bevolking met 3% groei en dat
werkloosheid 37% is
So wat is nuus:

Ons het in 1994 vir die Verkoopte Nationale Party gesé dit gaan gebeur
en selfs vandag; terwyl die beskawing in duie stort is daar nog sotte wat
vasklou aan die reënboog ideë
Wat baie min mense waargeneem het is die grondwet van 1996 se
tekortkominge
 

Die grondwet bepaal dat geen mens se lewe minder werd is as goedere
nie
Dus kan jy nie iemand skiet wat `n hoender steel nie
Goedere is nooit geidentifiseer nie, dus kan jy 'n Universiteit afbrand
sonder dat jy geskiet kan word
 

Jy kan treine uitbrand, huise afbrand, inkopie sentrums, stadsale,
monumente (alles wat as goedere ge-identifiseer kan word kan jy steel,
brand en vernietig sonder dat daar op jou geskiet mag word)
 

Daarom is die Polisie se hande gebind. Daarom gaan die volgende jaar 2018 die jaar van anargie wees
Hierdie jaar 2018 sal ons volk moet hande vat om huis en haard te
beskerm. Regse organisasies sal moet saamspan en kongrese hou, vergaderinge
hou en soortlike mense bymekaar maak. Hulle sal moet ophou dat kleinlike verskille hulle verdeël.  

Hul keuse sal moet wees “eendrag maak mag” en die wat wil verdeel
moet buite gelaat word.
 

Boere-groete en Boerevrede
Coen Vermaak

<-- FOOTER -->