Eugene Terre Blanche

Eugene, uit my hart salueer ek jou en ek wil dit hier verklaar dat jy sekerlik die grootste leier en volksman was wat ons volk in 300 jaar opgelewer het.
Dit is die grootste tragiek dat ’n man soos jy deur ’n swart barbaar vermoor moes word terwyl jy slaap.
Dit is wanneer hierdie lafaards die moed het om jou aan te val. Hierdie lafaards kom of in groepe of in die nag en val ou mense en vroue aan.
Jy Eugene, het telke male gesê dat ’n wit man, wat ongewapen in Afrika is, ’n dooie witman is. Hoe reg was jy nie! ! ! Hierdie regering het jou ontwapen sodat jy nie jouself kan verdedig nie.
Denker
Jy was die grootste denker wat ons Volk kon voortbring.
Vir 36 jaar het jy jou lewe, jou gesin, jou boerdery geoffer vir ons Volk.
Jou verskeidenheid het ons normale mense geïnspireer om jou soos een man te volg.
Geskiedkundige
Geskiedenis was jou forte` en daar was nog nooit iemand soos jy wat ons Volk se geskiedenis soos jy geken en oorgedra het nie.
Ons eer jou vir die kennis wat jy aan ons oorgedra het.
Spreker
As openbare spreker het jy geen gelyke gehad nie.
Wat ’n wonderlike ondervinding om een van jou vergaderings te kon by woon.
Jy kon mense leer, inspireer en uit die modder optel en hul motiveer om die toekoms juigend tegemoet te gaan.
Volksman
Jou liefde vir jou Volk en medemens was ’n passie en jy was bereid om jou Volk se toekoms in Afrika te verseker.
Jy was bereid om in die tronk toegesluit te word.
Jy was bereid om jou lewe te gee en daarvoor sal ons as Volk jou ewig dankbaar wees.
Generaal & Leier
’n Generaal uit die boonste rakke
’n Leier wat van voor gelei het.
Daar was in ons geskiedenis net een man wat naby jou kon kom en dit was Generaal De Wet.
Jy en de Wet was van dieselfde stoffasie gemaak.
Julle was soos rotse en jul geloof in julself was onblusbaar.
In jou skaduwee het de Klerk en sy makkers soos muishonde gelyk maar ongelukkig het hulle die mag van die Staat besit.
Wat jy eiehandig vermag het, sal ons jou vir ewig dankbaar wees.
Braaf, Dapper & Moedig.
Nooit het jy ’n tree terug gestaan nie.
Nooit het jy kompromieë aangegaan nie.
Nooit het jy teruggedeins van die waarheid nie.
Jy was die Braafste, Dapperste en Moedigste mens wat ek ooit die eer gehad het om te ken.
Ek salueer jou Eugene Tere Blanche.
Verklaring
Ons gaan vir jou ’n Standbeeld oprig.
Ons gaan jou naam eer en van die hoogste berge dit verkondig.
Ons gaan sorg dat jou vyande ook ons vyande gaan word.
Ons gaan sorg dat jou opoffering nooit vergeet word nie.
ONS VIR JOU – EUGENE TERRE BLANCHE
Coen Vermaak en die Boerestaat Party