Ek reageer oor die berig in Beeld van 27 Januarie 2006 dat lyfstraf deur ouers ook teen die wet sal wees as die menseregte kommissie en "ander" organi-sasies hul sin kry. Vir my is dit duidelik dat dit net `n voortsetting is, van die aanslag teen die gesin. Vanaf 1960 probeer die VVO en sy serogaat organisasies om die wêreld bevolking te verminder. Hulle het baie metodes deur die jare ontwikkel en een daarvan is om die boustene van `n bevolking, die "huisgesin" te vernietig. Vir hierdie "Sosialistiese" ontvormers is dit nodig dat mense `n weerstand opbou teen kinders. As jy dit baie moeilik maak vir mense om kinders groot te maak is sterilisasie die antwoord en siedaar jou probleme met oorbevolking is opgelos. Ek dink dat mens hierdie metode van kinderverhoeding by al die ander metodes kan byvoeg en ons kan die volgende lys nou saamstel. 1) Wet teen tuis dissipline. 2) Aborsie sonder toestemming 3) Die pil wat vrylik beskikbaar is 4) Kondome wat op elke straat hoek uitgedeel word. 5) Keisersnees wat op 75% van ons vroue uitgevoer word. 6) Die "Morning After Pil" (RU486) wat deur almal by `n apteek gekoop kan word 7) Die pil vir mans 8) Die kondoom vir vrouens 9) Die diafragma 10) Estrogeen pleisters 11) Ondervel inplanting van estrogeen kapsules 12) Vasektomie vir mans 13) Sterilisasie van vroue 14) Bevordering van homoseksuele mense 15) Geloof oortuigings dat seks sonde is 16) Vrees onder Volksgenote versprei t.o.v. die groot leun oor Vigs. 17) Coitus Interruptus 18) Vaginale uitspoeling na Coitus 19) Vaginale ringe met spermdoders 20) Die gebruik van skuim apparate met spermdoders Dit is baie duidelik dat ons vyande alle denkbare metodes uitgedink het om ons nageslag te vernietig. Coen Vermaak 2006/02/05 |