INLIGTINGSTUK  NO. 4
DIE PAD NA ONS TOEKOMS
Alle Munisipaliteite en Staatsorganisasies het deesdae ’n klousule in hul voorwaardes by tenders en kwotasies dat jy moet verklaar wat jou en jou Maatskappy se betrokkenheid is by die “opheffings program” of in Engels “Affirmative Action”.
Sonder so ’n program wat voorgelê moet word sal jou Tender nie in ag geneem word nie.
Ook moet jy jou Maatskappy se organigram voorlê sodat die Menere kan kyk of jy enige swart Direkteure het.
Hulle voer verskeie redes daarvoor aan, naamlik dat die swart mense benadeel was in die verlede en nou moet ons vergoed daarvoor.
Die beste verskoning wat hulle aanvoer is dat daar te min werkgewers is en dat swart Entrepreneurs opgelei moet word, sodat werk oplossings kan geskied.
Met hierdie siening stem ek heelhartig saam, maar is nie naïef genoeg om te glo dat hulle iets daaraan kan doen nie. Die Witmense is besig om al sneller ’n kleiner minderheid te word, terwyl die swart mense groeiend meerderheid word. Tradisioneel het al die werkgewers uit die wit deel van die bevolking gekom en die werknemers uit die swart deel.
Deur die feit dat die Wit mense al hoe minder word, word die werkgewers ook minder. Indien dit so aanhou, gaan daar uiteindelik groot gaos in Suid-Afrika wees omdat daar geweldig baie mense gaan wees wat nie hul brood deur arbeid kan verdien nie.
Daarom maak dit sin dat die swart mense wat bevoeg is, opgelei word sodat hulle ook werkgewers kan word.
Baie Maatskappye het nou al die besluit geneem om swart Direkteure aan te stel. Ander het weer die metode gebruik om parallelle Maatskappye te stig en sodoende Tenders in te palm.
Baie Afrikaanse Maatskappye het selfs hul name verander om te klink na ’n tipiese swart Maatskappy.
Die meeste Maatskappye het geen keuse nie omdat hul opposisie dit doen en indien hulle dit nie ook doen nie, dan kom hulle nie in aanmerking vir projekte nie. Dus is dit ’n keuse tussen jou deure sluit of onder dwang konformeer na wat die regering wil hê.
Op die sport terrein is dit dieselfde, almal is bewus van hoe die swart regering die sport base dwing om regstellende aksie toe te pas.
Die swart sport Minister het gesê dat hulle verlede jaar al die wette in plek gesit het om integrasie en regstellende aksie af te dwing indien die sport Administrateurs nie self dit doen nie.
Baie linkse wit mense stem ook heelhartig saam dat dit moet gebeur sodat die “onregverdigheid” van die verlede reggestel kan word. Hulle glo ook dat dit net van korte duur gaan wees en wanneer almal dan op gelyke voet is, sal alles weer na normal terugkeer.
Ek het al in die verlede verduidelik en wil dit hier herhaal dat ons vir niks skuldig hoef te voel nie. Tot in die jare 30 het die swart mense nie ’n geskrewe taal gehad nie.
Niemand kan as ontwikkeld beskou word as hulle nie kan lees en skryf in hul eie taal nie. Die wit mense het vir hulle hul taal ontwikkel en skoolboeke ontwerp sodat hulle hul eie taal kan leer.
Alle mediese sorg, behuising, vervoer, werkgeleenthede en skole is deur wit mense voorsien.
Ons skuld hulle niks maar hulle skuld ons baie. Dit is ongelukkig nie die beeld wat deur die media en die regering uitgedra word nie. Volgens hulle is ons onmenslik en die oorsaak van hulle armoede en ellende.
Daarvoor moet ons nou vergoed deur geleenthede wat ons kinders toekom aan hulle te bied sodat hulle nou bevoordeel kan word.
Die probleem is dat die linkse siening verkeerd is. Hierdie toedrag van sake gaan nie eendag ophou en normaliseer nie. Nee, gaan bederfde kinders ewe skielik agterkom dat hulle bederf is?
Ongelukkig is die tempo waarmee die wit mense se getalle afneem so gewelddadig vinnig, dat wanneer hulle gaan agterkom dat die swartes se eise nie gaan ophou nie, dan gaan hulle te min wees om enige iets aan die saak te doen.
Wat keer die toekomstige swart regerings om wette te maak dat gesinne wat klein is nie groot motors mag hê nie. Of dat klein gesinne nie groot huise mag hê nie of meer as een huis op hul naam mag hê nie.
Hulle mag selfs wette maak wat keer dat albei ouers van sulke gesinne nie mag werk nie.
U kan nou sê dat dit verspot is maar die feit is dat hulle enige wet kan maak wat hulle pas en ons is magteloos om iets daaraan te doen.
Die rede vir ons magteloosheid is die feit dat ons so min mense is en dat ons nog steeds al minder word.
Ons verloor elke jaar meer as ‘n honderd klaskamers omdat ons voorbehoeding toepas. Kinderverhoedmiddels het ons vernietig omdat daar geen groter vyand kan wees as onvrugbaarheid nie.
Die grootste siekte denkbaar het ons getref omdat 70% van ons vroue onherroeplik gesteriliseer is. Ons word daagliks gebombardeer deur die vyandelike media dat kondome gebruik moet word anders kry ons hierdie vreeslike siekte “Vigs”.
Ons mense glo hierdie vuil leuens en ons mans word ook onvrugbaar. Wit mense voel magteloos en daarom beplan hulle gesinne sonder kinders omdat hulle nie ’n positiewe toekoms verwagting het nie.
Ander wit mense verlaat die land en sodoende verswak hulle ons meer.
Dit moet mos nou duidelik vir almal wees dat die oplossing vir ons probleem “die vermeerdering” van ons Volk is sodat ons die meerderheid kan word.
Die meeste mense sal nou reageer en sê dat dit onmoontlik is en dat ons nooit die meerderheid sal word nie.
Vir sulke mense wil ek graag voorstel dat hulle die boek “Ouers van die Gode” bestel om te verstaan waarheen ons op pad is.
Ons kan die meerderheid word, indien ons die regte leiers, in samewerking met Volks gerigte besighede, ’n situasie skep waar ons Volksgenote bewus kan word van ons probleem en hoe om dit op te los.
Vervolgens wil ek graag ’n plan op die tafel plaas wat in die breë gebruik kan word om ons getalle probleem op te los.
Hierdie plan moet geskaaf word totdat dit ons soos ’n handskoen pas en dan moet die geïmplementeer word.
AL DIE MOONTLIKHEDE IS DAAR INDIEN DIE REGTE MENSE OORREED KAN WORD OM ROLSPELERES IN HIERDIE SKEMA TE WORD.