Program van Beginsels - 1 Julie 2005
MAG DIT SO WEES DAT ONS VOLK SAL OORLEEF EN 'N MAGTIGE VOLK WORD IN SEKERLIK DIE GEVAARLIKSTE OMSTANDIGHEDE WAARIN ONS VOLK HOMSELF NOG OOIT BEVIND HET.
Inleiding
Die Politieke speelveld in Suid-Afrika het totaal verander sedert die stigting van die Boerestaat Party in 1988 en is dit nodig om die Party se program van beginsels te hersien en in die lig van die nuwe omstandighede te herskryf.
Die aanhef in die ou Program was dat "ons veg vir ons Volk se Vryheid".
Daar word nou bygevoeg dat "Ons veg vir ons Volk se Vryheid en veilige voortbestaan in die nuwe Suid-Afrika"
1) Doel
Al ons doelstellings in die bestaande program van beginsels word nog steeds nagestreef maar die Boerestaat Party se doel is om die belange van Boere en Afrikaners te beskerm, bevorder en om te verseker dat hulle `n toekoms in Suid-Afrika tegemoet gaan wat veiligheid en vryheid sal waarborg.
Die Boerestaat Party verstaan dat die getalle oormag amper `n onoorkomentlikke probleem is en daarom wil die Party hom toespits om ons getalle te laat toeneem.
Huidiglik verminder ons Volk, grootliks omdat ons, ons kinders op verskeie maniere verhoed.
Hierdie selfmoord tendens moet omgedraai word sodat ons `n groeiende Volk word, wat met entoesiasme hul plek in Suid-Afrika sal kan vol staan en daardeur verseker dat ons in die toekoms ons Vryheid kan verwensenlik.
Om ons doelwitte te bereik het ons kort-termyn Doelwitte en lang-termyn Doelwitte ge-identifiseer en hulle sal op verskeie tyd-stadiums nagestreef word.
2) Geskiedkundige agtergrond
Die Boerestaat Party is geanker in ons geskiedkundige strewe na vryheid.
Ons eer ons Voortrekker voorouers se strewe om onafhanklik, ons eie land te vestig en daarin te woon.
Ons eer ons Boere Volksgenote wat in twee vryheids oorloë geveg het vir hierdie onafhanklikheid.
Ons eer al ons voorouers wat in die laaste eeu hulle lewens gewy het om ons in Suid-Afrika te laat oorleef.
Voorouers soos Hendrik Potgieter, Andries Pretorius , Gerrit Maritz, Piet Uys, Piet Retief, Gen. de Wet, Danie Theron, Jopie Fourie, Robert van Tonder onder andere word ge-eer en voorgehou as voorbeelde van mense wat ons voorgegaan het in ons strewe na totale vryheid en onafhanklikheid.
Die Boerestaat Party eer die offers van 27,000 vroue en kinders wat gesterf het in die Engelse konsentrasie kampe vir die strewe om vryheid vir ons Volk.
Die Party eer ook die 3000 Boere vegters wat in die Engelse oorlog gesneuwel het vir ons vryheid.
Ons eer al die Vryheids Vegters wat hul vryheid opgeoffer het teen die ANC magsoorname in 1994.
Vanaf 1994 word ons stelselmatig uit die arbeidsmag uitgedruk en verarm ons mense elke dag.
Stadig maar seker word ons Provinsies, stede en dorpe se name verander.
Ons besighede word deur wetgewing van ons weggeneem.
Ons plase word eenvoudig ge-annekseer.
Verder verminder ons nog steeds teen 35000 mense per jaar,
tesame met `n bevolkings ontploffing onder die ander rasse in Suid-Afrika.
Die gevolg is dat daar oor 50 jaar een honderd miljoen mense in Suid-Afrika gaan wees, waarvan ons Volk net twee miljoen gaan wees.
Daarom roep ons ons voorgeslagte tot getuie dat ons in die
Boerestaat Party van Suid Afrika net een langtermyn doel het, en dit is dat ons met alle middele tot ons beskikking sal strewe na `n eie onafhanklike Boerestaat en dat ons onsself terselfdertyd sal vermeerder sodat ons onafhanklikheid nooit weer in gedrang sal kom nie.
3) Korttermyn Doelwit
1) Om al ons aandag toe te spits om ons getalle vermindering om te keer sodat daar `n Volksgroei kan plaasvind.
Ons verstaan dat indien ons `n kwynende minderheid bly, ons nie ons lang termyn doelwitte sal kan behaal nie.
Dus is die volgende beginsels van toepassing.
Aborsie word as moord beskou en ons Volks-genote word verbied om enige baba te laat aborteer, mits daar `n duidelike mediese rede is.
Kinderverhoedmiddels soos die pil en enige chemiese of meganiese metodes word streng verbied.
Kondome word as `n euwel beskou en word nie deur die Party bevorder of goedgekeur nie.
Enige persoon of organisasie wat kinderverhoedmiddels bevorder of aanvaar mag nie lede van die Party word nie.
Die sterilisasie van mans en vroue word afgekeur behalwe indien dit vir mediese redes gedoen word.
2). Bevolkings Ontwikkeling
Die Party se kort termyn strewe sluit in die totstandkoming van “Verpleeg Inrigtings:
Daar sal ook `n “vroedvrou” stelsel geskep word om onnodige hoë kostes van geboortes teen te werk.
Daar sal `n “Volks Bougenootskap” gestig word, waar rente- vrye lenings aan enkel ouers, asook getroude pare, toegestaan sal word, vir geboorte hulp.
Die Boerestaat Party se kort termyn doelwit is om `n Volks getal van 15 miljoen te behaal in so `n kort tyd as moontlik.
Aanpasbare immigrante van ons Dietse stam lande sal gewerf word en in ons kultuur opgeneem word om ons getalle verder te versterk.
4) Party Lede
Enige persoon mag lid word van die Boerestaat Party.
Die voorwaarde is dat so `n persoon die program van beginsels moet onderskryf en aktief meehelp om ons kort en lang termyn Doelwitte te bereik.
Lede moet `n maandelikse bydrae maak wat van tyd tot tyd
vasgestel sal word deur die Party bestuur.
Ons staan vir genetiese beskerming en verbetering nie vir genetiese vernietiging nie.
Ons staan vir die beskerming van die tradisionele familie wat boustene van ons Boere Volk is.
Ons staan vir die natuurlike orde van manlike mans en vroulike vroue en is totaal gekant dat dieselfde geslag mense mag trou of `n verhouding mag hê.
Ons staan vir `n skool stelsel wat deur ons eie Volk daar gestel is en nie deur die meerderheid op ons afgedwing word nie.
Ons kinders het die reg om hul eie geskiedenis te leer en te verstaan.
Ons staan vir die skrapping van alle persoonlike belastings en `n verhoging van die BTW om hierdie tekorte aan te vul.
Ons staan vir die totale kwytskelding van belasting of BTW vir Volksgenote wat ses of meer kinders het.
5) Opeising van ons regte
Ons eis dat ons die reg sal hê om vrylik enige ekonomiese besluite te kan neem en besighede te bedryf sonder die huidige eise, om 26% van ons besighede aan ander bevolkings groepe oor te dra.
Ons eis die reg dat ons self kan kies wie direkteur en vennote van `n besigheid mag wees.
Ons verwerp enige rasse klassifikasie wat deur die regering gebruik word om diskriminasie teen minderheidsgroepe in te stel.
Ons eis die reg op om ons eie skole en Universiteite te bedryf en self die taal medium van sulke instellings vas te stel.
Ons eis dat ons eie onderwysers ons kinders oplei en dat die regering moet toesien dat die onderwysers ordentlike en markgerigte vergoeding ontvang.
Ons eis dat alle vorme van diskriminasie wat huidiglik deur die regering toegepas word in die Weermag, Polisie, Staatsdiens en in die besigheids-wêreld stopgesit moet word.
6) Parlementêre Verkiesing (KWALIFISERENDE STEMREG)
Die Boerestaat Party is nie `n voorstander van 1 mens een stem nie.
`n Boemelaar en `n Dokter se stemme kan nooit dieselfde waarde hê nie.
Daarom is die Boerestaat Party `n voorstander van kwalifiserende stemreg waar stemme toegeken word op `n glyskaal afhangend van die persoon se kwalifikasies en sy eiendoms besit.
Almal mag stemreg hê maar meer bevoegde mense se stemme moet meer tel om te verseker dat die regering van die dag nie uit boemelaar verteenwoordigers bestaan nie.
Dit is ons standpunt dat alle mense nie dieselfde is nie en daarom verwerp ons die een mens een stem beginsel.
7) Ekonomie en handel
Die Boerestaat Party is `n voorstander van algehele vrye onderneming en vryheid van assosiasie.
Handel en nywerheids betrekkinge moet so wyd as moontlik aangeknoop word om die groeiende werkloosheid te bekamp en geen regerings inmenging word toegelaat nie.
8) Justisie
Die Boerestaat Party glo in `n onafhanklike regbank en dat daar geen regerings beheer oor howe mag wees nie.
9) Landbou
Die huidige regerings beleid om landbou grond op te eis en aan ander uit te deel is onaanvaarbaar.
Landbou is die ruggraat van enige land en moet ten alle koste beskerm word.
Subsidies moet aan boere betaal word sodat die Suid Afrikaanse landbouer met wêreld markte kan kompeteer.
Voedsel verbouing en bemarking sal die hoogste preoriteit moet geniet om die ontvolking van die platteland teen te werk.
Onbeheerde verstedeliking is `n euwel en nywerhede moet deur Staatshulp aangemoedig word om nywerhede op die platteland te vestig.
10) Teikengroep
Die Boerestaat Party is `n Volks Party en daarom `n vrywillige minderheids Party, omdat ons Volk net 2.5miljoen teenoor 44 miljoen is.
Hierdie Party se strewe is dus nie om die regering van die dag te word nie, omdat hy nie die ondersteuning van die totale bevolking kan verkry nie.
Die Party se strewe is om die Boervolk te vermeerder en uiteindelik na totale onafhanklike vryheid te lei.
`n Politikus dink aan die volgende verkiesing maar `n Staatsman dink aan die volgende geslag.
Daarom is dit wat alle Boere se opdrag is ook `n Bybelse Beginsel.
Vermeerder, vul die aarde en Heers daaroor.
Ons staan vir die natuurlike orde wat ons die Natuur
Wette noem.
Hierdie Natuur Wette is deur God daar geplaas en is vir Ewig en altyd.
Ons staan saam vir genetiese beskerming en verbetering nie vir genetiese vernietiging nie.
Ons staan saam vir die beskerming van die tradisionele familie wat boustene van ons Boere Volk is.
Ons staan vir die natuurlike orde van manlike mans en vroulike vroue en is totaal gekant dat dieselfde geslag mense mag trou of 'n verhouding mag hê.
Ons staan vir 'n skool stelsel wat deur ons eie Volk daar gestel is en nie deur die meerderheid op ons afgedwing word nie.
Ons kinders het die reg om hul eie geskiedenis te leer en te verstaan.
Ons staan vir die skrapping van alle persoonlike belastings en `n verhoging van die BTW om hierdie tekorte aan te vul.
Ons staan vir die totale kwytskelding van belasting of BTW vir Volksgenote wat ses of meer kinders het.
Daar moet duidelik gelet word dat daar kort termyn en lang termyn doelwitte en beginsels hier van toepassing is.
11) Langtermyn Doelwitte
Die Boerestaat Party is gegrond op die beginsel dat elke Volk op aarde die reg het tot volle onafhanklike voortbestaan in sy eie land.
Ons as Boere-Volk het hierdie beginsel nagestreef en toegepas en die Boere Republieke van die Z.A.R en die Oranje Vrystaat tot stand gebring.
Ons Vryheid is met geweld van ons weggeneem deur Engeland in 1903.
Daarna was ons nooit weer vry nie, maar opgesaal met die hele Suid-Afrika.
In 1961 het die Nationale Party onder leiding van dr. H.F. Verwoerd, ons nog verder uitgeroei deur toe te laat dat ons vyande kinderverhoedmiddels aan ons vroue bekend stel.
Hierdeur is ons die nekslag toegedien, toe ons 15 miljoen babas verhoed het om gebore te word, tot en met 1994.
In 1994 is ons verder geneutraliseer deur die Demokratisering van Suid-Afrika waar ons as minderheid moes kompeteer met die meerderheid.
Vanaf 1994 word ons stelselmatig uit die arbeidsmag uitgedruk en verarm ons mense elke dag.
Stadig maar seker word ons Provinsies, stede en dorpe se name verander.
Ons besighede word deur wetgewing van ons weggeneem. Ons plase word eenvoudig ge-annekseer.
Verder verminder ons nogsteeds 35 000 mense per jaar, tesame met `n bevolkings ontploffing onder die rasse in Suid-Afrika.
Die gevolg is dat daar oor 50 jaar een honderd miljoen mense in Suid-Afrika gaan wees, waarvan ons Volk net twee miljoen gaan wees.
Daarom roep ons ons voorgeslagte tot getuie dat ons in die Boerestaat Party van Suid Afrika net een langtermyn doel het, en dit is dat ons met alle middele tot ons beskikking sal strewe na `n eie onafhanklike Boerestaat en dat ons onsself terselfdertyd sal vermeeder sodat ons onafhanklikheid nooit weer in gedrang sal kom nie.
Lidmaatskap
Deur aan die Boerestaat Party van S.A. te behoort kan u u bydra maak tot die realisering van `n "haalbare" idiaal.
Hierdie is nie `n radikale siening nie, maar dood eenvoudig `n natuurlike en ooglopende logiese standpunt.
Wanneer u u maandelikse bydrae van R50.00 betaal, dra u by tot die verwesenliking van hierdie wonderlike doel.
Wanneer u `n lid word van die Boerestaat Party van Suid Afrika, ontvang u `n lidmaatskap kaart wat u getuigskrif is van `n samehorigheid wat nog nooit in Afrika bestaan het nie.