Ek sal graag iets wou se aangaande Andre Visagie se afsterwe.

Ons was baie jare, van 1982 tot in met 1994 baie goeie vriende.

Andre het die A.W.B se orkes saamgestel en al die vergaderings  en optogte daarmee gelei.

Hy en sy mede orkeslede het die land deurkruis  meestal op eie koste en ek dink die A.W.B as organisasie skuld André baie vir al hul opofferings.

Ons het eenmaal , so in 1997  die Boerekerkhof in Krugersdorp skoongemaak en daar n vergaderings  van die Boerestaat party gehou.

Andre en sy orkeslede het al die pad van die Noordkaap hierheen gereis  om die verrigtinge te lei.

Ook is Andre die man wat by die S.A.U.K sy bottel uit die kot gegooi het toe n swart vroulike omroeper hom aanhoudend in die rede geval het.

Hy het opgespring, sy gehoor apparate neergegooi, sy stoel omgegooi  en vir haar toe gesnou van hy is nou klaar met haar oor haar ongeskiktheid.

Van die Kameramanne  het Andre probeer keer en een het vir Andre gesê “Dont touch me in my studio.“ en dit het nogal groot konsternasie veroorsaak.

Verder het Andre ook ʼn paar jaar in die A.N.C  se tronk deur gebring nadat ʼn verraaier  aan die polisie genoem  het dat daar onwettige wapens in sy huis was.

Die ANC Kon nie so n geleentheid verby laat gaan nie en Andre moes sy vryheid opgee.

n Ware man wat deur dik en dun  jou sou bystaan in nood.

In latere jare het ek kontak verloor nadat hy ʼn Joodse Israel geloof aangeneem het, maar dit het geen afbreuk aan sy dapperheid en deursetting vermoë gemaak nie.

Ek sal maar eendag afvat daar in Valhalla en vir hom gaan kuier in sy Hemel waar ons heerlik sal saamgesels   oor ons ou probleempies hier in Afrika

Groete ou maat tot weder siens!

Coen Vermaak

Boerestaat party