Ons veg vir ons Volk se Vryheid en Veilige voort bestaan in die nuwe Suid-Afrika!
Al ons doelstellings in die bestaande program van beginsels word nog steeds nagestreef maar die Boerestaat Party se doel is om die belange van Boere en Afrikaners te beskerm, bevorder en om te verseker dat hulle `n toekoms in Suid-Afrika tegemoet gaan wat veiligheid en vryheid sal waarborg.
Die Boerestaat Party verstaan dat die getalle oormag amper `n onoorkomlike probleem is en daarom wil die Party hom toespits om ons getalle te laat toeneem.
Huidiglik verminder ons Volk, grootliks omdat ons, ons kinders op verskeie maniere verhoed.
Hierdie selfmoord tendens moet omgedraai word sodat ons `n groeiende Volk word, wat met entoesiasme hul plek in Suid-Afrika sal kan vol staan en daardeur verseker dat ons in die toekoms ons Vryheid kan verwesenlik.
Om ons doelwitte te bereik het ons kort-termyn doelwitte en lang-termyn doelwitte ge-identifiseer en hulle sal op verskeie tyd-stadiums nagestreef word.